FIELA SE KIND - Die Drama - Yola

Transcription

FIELA SE KIND- die dramaDalene Matthee

DIE DRAMAWAT IS ʼn DRAMA?Wat is 'n drama? 'n Drama is 'n storie wat geskryf is om deurakteurs opgevoer te word. Dit word in dialoogvorm geskryf. Karakterisering en konflik is belangriketegnieke. Alhoewel 'n drama opgevoer behoort te word,kan 'n mens ook die teks of geskreweweergawe lees en jou die handeling verbeel.

DIE DRAMAHOE MOET EK ONDERRIG? Aktiveer voorkennisPRE-LEESLEES let op hoe woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens., diebetekenis van die teksbeïnvloed Gebruik leesbegripstrategieë beskou en beoordeel teks in geheelPOST-LEES

WAT MOET EK ONDERRIG?KABV, bl. 32 DialoogBeeldspraakTydVerhoog- keHandelingTema/boodskapIntrigeen flikMotoriese momentVerwikkelingKlimaksOntknopingSlot

Hoe lyk ʼn drama?- struktuurelemente (bou)

Hoe lyk ʼn drama? Eksposisie: voorstelling van karakters, plekke, tydperk,atmosfeer , ens. Elias van Rooyen is die ANTAGONIS Motoriese moment: Die besoek van die sensusmanneop die Komoeti’s se plaas nie Ontwikkelingsfase: Lukas word in die bos “gevange”gehou deur die Van Rooyens (SPANNING) Krisisfase: WENDING vind plaas. Lukas aanvaar hy isnie ʼn Komoetie nie, maar ook nie ʼn Van Rooyen nie.

Klimaks: word TWEE keer aangepak Lukas probeer Barta kry om te erken dat hy nie haarkind is nie Barta erken dat sy hom nie herken het nie Ontknoping: Lukas besluit wie en wat hy is – hyaanvaar hy is Benjamin Komoetie.

Karakterisering: Dit wat mense sê vertel ons van hulle karaktersbyvoorbeeld die Komoetie-gesin wat antwoorde uit die Bybel kry– hulle is godsdienstig. Ons noem dit karakter-openbarende dialoog “Seil soos ʼn slang, Fiela! As jy voor ʼn wit mens verleë staan,moet jy laag buk” Hoe hanteer die karakters konflik?byvoorbeeld konflik tussen Fiela en een van die sensusopnemers Fiela is nie bang nie; vat selfs die sensusmanne aan. Name wat karakters het, sê soms iets van hulle persoonlikheid Benjamin – beteken naam wat verander is. (Jakob en Ragel seseun Benjamin: Ragel noem hom Ben-Oni wat pyn en smartbeteken. Jakob verander dit later na Benjamin wat Seun vanVoorspoed en Geluk beteken)

Intrige en karakterisering: Intrige: Lukas verdwyn as 3-jarige – uitgebreide soektog begin Fiela neem hom in – wit hanskind word ʼn Komoetie Nege jaar later kom sensusopemers by die Komoetiesaan Uitkenningsparade voor die Knysna magistraat Benjamin word aan bosmense,Van Rooyens, gegee Fiela poog om hom terug te kry Band ontwikkel tussen Benjamin en sy “suster” Nina Lukas bly 7 jaar in die bos Lukas konfronteer Barta Hy verander sy naam weer terug na Lukas Komoetie

DIE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE NAWOLWEKRAAL (Motoriese moment)

Karakters Hoofkarakter – protagonis – Benjamin KomoetieNewe-karakters – Fiela is die belangriksteAnder newe-karakters – Elias, Bartha, Selling en NinaHoof-antagonis – EliasAnder karakters – Die Lange en die Dikke, diemagistraat, tannies in die bos, Kaliel en John Benn

KARAKTERSDIE KOMOETIE-GESINFiela en Selling KomoetieBenjamin KomoetieDawid, Tollie, Kittie en Emma en Benjamin

DIE VAN ROOYEN-GESIN – nuwe familieEliasWillemBartaKristoffelNinaLukas (Benjamin)

Ruimte: Lange Kloof – simboliseer liefde, deernis, omgee,veiligheid. Knysnabos – die bos is ruig en ondeurdringbaar.Bosbewoners is uiters armoedig. Simboliseer gevaar enmishandeling van kinders. Die see-ruimte – hoofrolspelers is John Benn en KalielSeptember. Dit simboliseer oopte. Lukas kan die sterresien en besef dat hy Nina liefhet, maar hoor ook dietyding van sy broer se dood.

Kwessies rakende Fiela se kind – die drama: Identiteitsverwarring: Benjamin word Lukas Kinders wat uit hulle bekende omgewing geruk word:Benjamin word weggeruk van Fiela Kindermishandeling en –verwaarlosing: Elias Die effek van donkerte op die psige: Oop, ligteKaroo-ruimte teenoor die donker, klam, bosruimte.

Kindermishandeling en –verwaarlosing

Ruimte: Oudtshoorn en volstruisboerdery teenoor dieKnysnabos (Die Knysnakoppe)

Konflik – interne en eksterne botsing Intern: Fiela se wroeging (Bespreek) Lukas se konflik (Bespreek) Ekstern: Benjamin en die sensusmanne Benjamin en die magistraat Fiela en die magistraat Lukas en Bartha / Elias

DIE TWEEDE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE.Uiterlike konflik tussen die sensusmanne en Fiela.Benjamin word van die plaas weggeneem.

In die hof

Die aankoms van Benjamin by die Van Rooyens (sy nuwe familie)

Lukas loop weg; word gevang en geslaan

Tema en boodskapTema of hoofgedagte: Die mens is aan die genade van . besluite van iemand anders en/of ʼn maatskaplike en politieke stelsel.uitgelewerMAAROok die bevryding en oorwinning daaroor.

Tema of hoofgedagte in Fiela se kind – die drama: Die bruin mense is aan die genade van witmense se besluite uitgelewer. Fiela beveg vooroordeel – ʼn wit kind mag nie bybruin mense woon nie. ʼn wit man moet “baas” genoem word. Nina is uitgelewer aan haar pa se geweld envernedering vir sy gemak en geldsug. Lukas was uitgelewer – een man het homuitgelewer aan swaarkry en mishandeling met diewoorde “Die een met die blou hempie”. Benjamin en Nina neem hulle lot in hulle eiehande en oorwin hulle lot.

Boodskap: Wat is die lewenswaarheid of insigtewaartoe jy kom, nadat jy vir Fiela se kind – diedrama gelees of gekyk het? Moenie mense op grond van klas of ras stereotipeernie. Die mens se besluit of woorde kan noodlottigegevolge op een die ander hê. Die mens kán sy moeilike omstandighede oorwin. .

Aktiwiteit:Bespreek die volgende kwessies. Is die drama nog relevant? Verskaf redes.

Baie dankie!

Lange Kloof –simboliseer liefde, deernis, omgee, veiligheid. Knysnabos –die bos is ruig en ondeurdringbaar. Bosbewoners is uiters armoedig. Simboliseer gevaar en mishandeling van kinders. Die see-ruimte –hoofrolspelers is John Benn en Kali